Dankie/Geluk Printable
$3.13
Kort jy vinnig 'n kaartjie om dankie of geluk te sê? Print jou eie een by die huis. Jy kan kies om dit op stewige karton (rondom 200gsm) te print of op sticker papier om jou eie plakkers te maak. Print dit op 'n A4 blad en knip stroke of vorms uit soos jy dit benodig.
Hierdie is 'n digitale produk. Jy sal nie 'n fisiese produk ontvang nie, maar 'n aflaaibare skakel. Jy kan dit dan by die huis print of na jou naaste winkel vat wat so 'n diens verrig. Jy sal hierdie produk 5 keer kan aflaai.
Kleure op die finale produk kan effens verskil van wat op jou skerm vertoon word, aangesien skerms en drukkers kleure verskillend weergee.
Wat kry jy:
- 'n A4 blad met die woorde 'Geluk' in PDF formaat
- 'n A4 blad met die woorde 'Dankie' in PDF formaat
- 'n A4 blad met 'n swart sirkel patroon in PDF formaat
*Net vir persoonlike gebruik*